AfriForum verwelkom hofbeslissing wat reg tot SA burgerskap bevestig
Die burgerregteorganisasie AfriForum verwelkom ’n opspraakwekkende uitspraak, wat gister in die Hoogste Hof van Appèl gelewer is, wat bepaal dat menige Suid-Afrikaners in die buiteland se verbeurde Suid-Afrikaanse burgerskap herstel moet word en dat hulle aan die Suid-Afrikaanse nasionale verkiesing in 2024 sal kan deelneem. Die Hoogste Hof van Appèl het beslis dat Artikel 6…