PLAASMOORDE

Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig. Hoewel die nuutste syfers – soos elke jaar s’n – skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde amptelik as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum skep egter hoop deur veiligheidstrukture te skep om die veiligheid van mense op plase te verbeter.
Dié burgerregteorganisasie se nuutste statistieke wys ook dat plaasaanvalle toeneem, maar plaasmoorde afneem, wat daarop dui dat plaasgemeenskappe besig is om meer weerbaar te word. AfriForum het verder omvattende bewusmakings-, veiligheids-, voorkomings- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur.

Plaasaanvalle steeds hoog, arrestasies en vertroue in polisie laag

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 bekendgestel. Dié verslag vergelyk ook die aantal plaasmoorde met die aantal verdagtes wat aangekeer word. Volgens AfriForum is dit kommerwekkend dat daar net 33% van…

AfriForum: Plaasmoordenaars moet swaar gestraf word

AfriForum se hoof van beleid en aksie, Ernst Roets, het vandag ’n beroep op die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein gedoen dat plaasmoordenaars swaar gestraf moet word vir dié grumisdade. Dit het deel gevorm van Roets…

PLAASMOORDE IN SUID-AFRIKA

Die burgerregteorganisasie AfriForum het  sy jongste verslag oor plaasmoorde en -aanvalle tydens ’n mediakonferensie bekendgestel. Volgens dié verslag was daar in 2020 ’n toename in plaasmoorde ten spyte van die feit dat misdaad in Suid-Afrika…

Beveilig ’n plaas – Episode 1

AfriForum se plaaslike veiligheidstrukture poog om gemeenskappe te bemagtig en almal wat op plase woon te beveilig sodat hierdie gemeenskappe vry, veilig en voorspoedig kan leef. AfriForum in samewerking met Saai bied die volgende om…

Beveilig ’n Plaas

Plaasmoorde en plaasaanvalle is nou ’n groter krisis as ooit tevore. Daar was die afgelope ruk ’n toename in plaasaanvalle, en die regering se onmag om iets aan hierdie probleem te doen is duidelik sigbaar…