AfriForum se plaaslike veiligheidstrukture poog om gemeenskappe te bemagtig en almal wat op plase woon te beveilig sodat hierdie gemeenskappe vry, veilig en voorspoedig kan leef. AfriForum in samewerking met Saai bied die volgende om plase te help beveilig:

  • Die veiligheidsassessering van plaaswonings
  • Opleiding in basiese noodhulp –
  • Wapenopleiding
  • Die verskaffing van ’n analoog-radiostelsel, asook radio-opleiding AfriForum skep ook die geleentheid vir ons lede en die breër publiek om deel te vorm van hierdie veldtog en te help om ons plase te beveilig deur ’n skenking te maak.