Die burgerregteorganisasie AfriForum het  sy jongste verslag oor plaasmoorde en -aanvalle tydens ’n mediakonferensie bekendgestel. Volgens dié verslag was daar in 2020 ’n toename in plaasmoorde ten spyte van die feit dat misdaad in Suid-Afrika in dié jaar afgeneem het.

“AfriForum se navorsing toon dat 63 plaasmoorde in 2020 gepleeg is, teenoor 45 plaasmoorde in 2019,” sê Andrea Muller, ’n navorser by AfriForum.

Verslag oor plaasmoorde en -aanvalle: Farm murders in South Africa 2020