DIE WÊRELD MOET WEET

Die Suid-Afrikaanse burgerregteorganisasie AfriForum het ’n omvattende internasionale veldtog vir die beskerming van burgerregte in Suid-Afrika van stapel gestuur. ’n Besoek aan die VSA is in Maart onderneem en verskeie ander lande op bykans al die vastelande sal as deel van dié veldtog besoek word. Brandpunte waarop daar in die besonder gefokus sal word, sluit onteiening sonder vergoeding in, asook plaasmoorde, haatspraak en die Suid-Afrikaanse regering se heldeverering van menseregteskenders.

AfriForum se verteenwoordigers sal na Genève, Switserland reis om aan die vyftiende sitting van die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidskwessies deel te neem, wat tussen 1 en 2 Desember plaasvind. Ernst Roets, AfriForum se uitvoerende hoof vir Internasionale Skakeling, sal persoonlik ’n aanbieding maak oor die voortgesette haatspraak en diskriminasie teen minderhede in Suid-Afrika. AfriForum verteenwoordigers sal ook ’n verslag by die kantore van die Verenigde Nasies se Komitee vir die Eliminasie van Rassediskriminasie (CERD) indien.

Hierdie verslag poog om al die nuwe diskriminerende wetgewing, voorvalle en beleid in Suid-Afrika te dokumenteer asook dié wat geïmplementeer of voorgestel is, of wat plaasgevind het sedert 2020. Die verslag dokumenteer sommige van die bekendste voorvalle van haatspraak en aanhitsing tot geweld teen minderhede deur hoëprofielfigure in daardie selfde tydraamwerk. AfriForum het hierdie verslag geskryf om aan CERD-lede ’n meer omvattende beskrywing te verskaf van die stand van menseregte in Suid-Afrika, veral hoe minderheidsgemeenskappe deur haatspraak, aanhitsing tot geweld en diskriminerende wetgewing in die visier gestel word.

Die veldtog rus op drie bene, naamlik:

  • bewusmaking oor die situasie in Suid-Afrika;
  • steunwerwing onder meningsvormers, regerings en ander besluitnemers; en
  • mobilisering van die Suid-Afrikaanse diaspora en buitelanders wat ’n belang in Suid-Afrika het, om tot sinvolle aksie oor te gaan.

AfriForum stel verslag oor ANC-mislukkings en federale oplossings bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n verslag oor ANC-mislukkings en federale oplossings vrygestel tydens ’n oggendfunksie. Die verslag onderstreep regeringsmislukkings oor die laaste paar jare wat onder meer sleuteldiensleweringsareas soos energieverskaffing, polisiëring, onderwys en vervoerinfrastruktuur…

AfriForum sit #DieWêreldMoetWeet-veldtog in VSA voort

AfriForum se hoof van Beleid en Aksie, dr. Ernst Roets, vertrek Vrydag 9 September na die VSA om dié burgerregteorganisasie se #DieWêreldMoetWeet-veldtog voort te sit. Tydens hierdie besoek sal die kollig in besonder geplaas word…

Episode 1

Episode 2

Episode 3

Episode 4

Episode 5