Volgens ’n beoogde konsepwysigingswet sal geen persoon voortaan meer ’n vuurwapen mag koop/besit vir selfverdediging nie.

Burgers moet oor die vermoë beskik om hulself en hulle gesinne, binne die raamwerk van die wet, teen misdadigers te beskerm. Hierdie konsepwysiging, in sy huidige formaat, sal tot gevolg hê dat burgers weerloos gelaat word in ’n land waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens reeds ruiterlik erken het dat hulle nie oor die vermoë beskik om die burgers van die land teen ’n misdaadvlaag te kan verskans nie.

Die voorgestelde wysigings is irrasioneel en roekeloos veral aangesien dié konsep die vermoë van burgers ontneem om ’n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes te besit. Verder blyk dit ook dat sportskuts en jagters aan die kortste ent gaan trek met die voorgestelde wysigings

Vul hierdie vorm in en ons sal jou kommentaar direk aan die regering stuur.

Neem standpunt in en dien jou kommentaar TEEN dié konsepwysigingswet hier in: