ONTEIENING
Die wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding is in Desember 2019 vir openbare kommentaar gepubliseer. As hierdie wetsontwerp as wet aanvaar word, sal dit beteken dat die staat die mag het om eiendom in Suid-Afrika sonder vergoeding te onteien. Daar is wesenlike gebreke in die wetsontwerp wat eiendomsreg ernstig bedreig.