{"id":1583,"date":"2023-02-08T12:43:29","date_gmt":"2023-02-08T12:43:29","guid":{"rendered":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/?p=1583"},"modified":"2023-02-08T12:43:30","modified_gmt":"2023-02-08T12:43:30","slug":"sukses-afriforum-en-solidariteit-stuit-rassistiese-toerismefonds-in-konstitusionele-hof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/sukses-afriforum-en-solidariteit-stuit-rassistiese-toerismefonds-in-konstitusionele-hof\/","title":{"rendered":"<strong>Sukses \u2013AfriForum en Solidariteit stuit rassistiese toerismefonds in Konstitusionele Hof<\/strong>"},"content":{"rendered":"\n<p>AfriForum en Solidariteit het vandag daarin geslaag om die Departement van Toerisme se diskriminerende toerismefonds die finale nekslag toe te dien. Dit volg nadat di\u00e9 departement geappelleer het teen die 2021-uitspraak van die hoogste hof van app\u00e8l in AfriForum en Solidariteit se guns dat die gebruik van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) as kriteria vir hulpverlening van die toerisme-ekwiteitsfonds onwettig is.<\/p>\n\n\n\n<p>Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die destydse minister van Toerisme, het die ekwiteitsfonds in 2020 as \u0149 instelling bekendgestel wat slegs lenings en toelae aan ondernemings met swart eienaarskap van minstens 51% sou toestaan. Volgens AfriForum en Solidariteit is die toeken van hulpverlening op grond van ras onredelik. Die Konstitusionele Hof het d\u00edt vandag beaam en het hierdie optrede van die departement onwettig verklaar.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie kriteria vir die fonds was doodeenvoudig rassisties. Die regering kan dit as transformasie probeer verbloem, maar hy het lankal sy ware kleure gewys. Dit is uiters laag om die skade wat die regering met sy onredelike Covid-19-inperkingsregulasies aan die toerismesektor aangerig het, uit te buit om boonop teen mense te diskrimineer. Suid-Afrikaanse burgers is moeg daarvan om toe te kyk hoe die regering se rasse-ideologie die land se ekonomie laml\u00ea. Hierdie uitspraak stuur \u0149 belangrike boodskap aan die regering dat ras nie meer as \u0149 troefkaart bo alle ander belange kan dien nie,\u201d verduidelik Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof van regsake by Solidariteit.<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\">\n<p>\u201cHierdie uitspraak is \u0149 harde hou vir die Suid-Afrikaanse regering in sy stryd om sy \u2018reg\u2019 om te kan diskrimineer op grond van ras te probeer beskerm,\u201d s\u00ea Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.<\/p>\n<\/blockquote>\n\n\n\n<p>Volgens AfriForum en Solidariteit is dit \u0149 belangrike oorwinning aangesien die regering se voortslepende obsessie met ras en verteenwoordigendheid na di\u00e9 instellings se mening steeds een van die grootste hindernisse vir \u0149 florerende ekonomie is.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVandag se uitspraak is \u0149 reuseoorwinning, maar die nalatenskap van die regering se verknogtheid aan ras bo alles anders is steeds sigbaar by tallose staatsinstellings soos Eskom en dit dra tot \u0149 groot mate by tot die huidige krisis in die land. Vandag se uitspraak l\u00ea egter \u0149 sterk fondasie vir verdere gevegte en litigasie,\u201d het Van der Bijl afgesluit.<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\">\n<p>\u201cN\u00e1 meer as \u0149 100 jaar van rassediskriminerende beleid, wat tot in die 21ste eeu voortduur, is dit hoog tyd dat hierdie afskuwelike praktyk afgeskaf word en die gryp na strooihalms gestaak word om die voortsetting daarvan in die hede te probeer regverdig, soos wat die regering in hierdie geval gepoog het,\u201d sluit Van Zyl af.<\/p>\n<\/blockquote>\n<span class=\"et_bloom_bottom_trigger\"><\/span>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>AfriForum en Solidariteit het vandag daarin geslaag om die Departement van Toerisme se diskriminerende toerismefonds die finale nekslag toe te dien. Dit volg nadat di\u00e9 departement geappelleer het teen die 2021-uitspraak van die hoogste hof van app\u00e8l in AfriForum en Solidariteit se guns dat die gebruik van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) as kriteria vir hulpverlening&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":26,"featured_media":1581,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_robots_primary_cat":"none","_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_kad_blocks_custom_css":"","_kad_blocks_head_custom_js":"","_kad_blocks_body_custom_js":"","_kad_blocks_footer_custom_js":"","_kad_post_transparent":"","_kad_post_title":"","_kad_post_layout":"","_kad_post_sidebar_id":"","_kad_post_content_style":"","_kad_post_vertical_padding":"","_kad_post_feature":"","_kad_post_feature_position":"","_kad_post_header":false,"_kad_post_footer":false,"_kad_post_classname":"","footnotes":""},"categories":[12],"tags":[],"class_list":["post-1583","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ongekategoriseerde"],"taxonomy_info":{"category":[{"value":12,"label":"Ongekategoriseerde"}]},"featured_image_src_large":["https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/tobias-reich-1GgWbP74phY-unsplash-1024x683.jpg",1024,683,true],"author_info":{"display_name":"AfriForum","author_link":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/author\/chante-kelder\/"},"comment_info":0,"category_info":[{"term_id":12,"name":"Ongekategoriseerde","slug":"ongekategoriseerde","term_group":0,"term_taxonomy_id":12,"taxonomy":"category","description":"","parent":0,"count":2,"filter":"raw","term_order":"0","cat_ID":12,"category_count":2,"category_description":"","cat_name":"Ongekategoriseerde","category_nicename":"ongekategoriseerde","category_parent":0}],"tag_info":false,"fimg_url":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/tobias-reich-1GgWbP74phY-unsplash-scaled.jpg","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1583","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/26"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1583"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1583\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1586,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1583\/revisions\/1586"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1581"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1583"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1583"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1583"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}