{"id":1353,"date":"2022-01-18T10:14:18","date_gmt":"2022-01-18T10:14:18","guid":{"rendered":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/?p=1353"},"modified":"2022-01-18T10:14:19","modified_gmt":"2022-01-18T10:14:19","slug":"ramptoestand-moet-beeindig-word-regstappe-kom-solidariteit-beweging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/ramptoestand-moet-beeindig-word-regstappe-kom-solidariteit-beweging\/","title":{"rendered":"Ramptoestand moet be\u00ebindig word; regstappe kom \u2013 Solidariteit Beweging"},"content":{"rendered":"\n
Die Solidariteit Beweging, waaronder Solidariteit en AfriForum, het vandag standpunt ingeneem deur te stel dat daar geen verdere rede bestaan waarom die huidige ramptoestand, wat al sowat 22 maande in werking is, van krag moet bly nie. Dit volg nadat die ramptoestand onlangs weer deur die regering verleng is.
Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, begin dit blyk dat die pandemie nou na \u0149 endemiese fase beweeg. Voorts blyk dit dat daar nou verhoogde groepimmuniteit teen Covid-19 te bespeur is met die Omikron-variant wat tot minder ernstige siekte en sterftes gelei het. \u201cDie feit dat die virus nou endemies is, beteken dat die virus nie gaan weggaan nie maar dat daar met die virus saamgeleef moet word. Dit beteken voorts dat uitsonderlike maatre\u00ebls deur die staat, soos wat onder \u0149 ramptoestand ingestel kan word, nie meer nodig is om die virus in bedwang te probeer hou nie,\u201d het Buys ges\u00ea.
Volgens Buys is die Beweging ook baie bekommerd oor die stand van skole in Suid-Afrika weens beperkings wat onderwys belemmer. \u201cDie feit dat baie skole steeds nie na normale funksionering kan terugkeer nie, verdiep die kommer oor die toekoms van \u0149 hele generasie leerders,\u201d het Buys ges\u00ea.
Beide AfriForum en Solidariteit gaan voorts met regstappe begin om sodoende die howe te vra om die ramptoestand te be\u00ebindig.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, hou die ramptoestand \u2018n bedreiging vir vryheid in, aangesien dit aan die regering buitengewone mag gee om burgerlike vryhede dramaties in te perk sonder dat sodanige mag op enige wyse aan parlement\u00eare toesig en besluitneming onderwerp word. \u201cDie feit dat die ramptoestand aanhoudend verleng kan word sonder parlement\u00eare goedkeuring, is \u0149  ernstige skending van gesonde demokratiese beginsels,\u201d het Kriel ges\u00ea.
Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, skep die huidige ramptoestand groot onsekerheid vir werkers, maatskappye en die ekonomie oor die algemeen, en dit moet dus be\u00ebindig word. \u201cDie ramptoestand stel die regering in staat om op kort kennisgewing maatre\u00ebls in plek te stel wat besighede en werkers se lewensbestaan be\u00efnvloed. Hierdie swaard wat oor die ekonomie hang skep onsekerheid vir kapitaalvorming en verdere uitbreiding in \u0149 tyd waar ekonomiese groei nou van kardinale belang is,\u201d s\u00ea Hermann.
Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder, sal die organisasie eersdaags sy hofstukke indien.
\u201cAfriForum het reeds verskeie van die regering se verregaande maatre\u00ebls aangevat, insluitend die aandklokre\u00ebl, staatskwarantynkampe en die verbod op godsdienstige byeenkomste. Dit is nou hoog tyd dat die ramptoestand in sy geheel opgehef word,\u201d s\u00ea Broodryk.
Hermann sluit af deur te s\u00ea dat argumente dat die ramptoestand nie op kort kennisgewing be\u00ebindig kan word nie, gerieflikheidshalwe vergeet van die regulasies wat met \u201conmiddellike effek\u201d onder die ramptoestand ingestel en afgedwing is.
Die Solidariteit Beweging, waaronder Solidariteit en AfriForum, het vandag standpunt ingeneem deur te stel dat daar geen verdere rede bestaan waarom die huidige ramptoestand, wat al sowat 22 maande in werking is, van krag moet bly nie. Dit volg nadat die ramptoestand onlangs weer deur die regering verleng is. Volgens Flip Buys, voorsitter van die…<\/p>\n","protected":false},"author":81,"featured_media":1355,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_robots_primary_cat":"none","_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_kad_blocks_custom_css":"","_kad_blocks_head_custom_js":"","_kad_blocks_body_custom_js":"","_kad_blocks_footer_custom_js":"","_kad_post_transparent":"","_kad_post_title":"","_kad_post_layout":"","_kad_post_sidebar_id":"","_kad_post_content_style":"","_kad_post_vertical_padding":"","_kad_post_feature":"","_kad_post_feature_position":"","_kad_post_header":false,"_kad_post_footer":false,"_kad_post_classname":"","footnotes":""},"categories":[40,41],"tags":[],"class_list":["post-1353","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-die-wereld-moet-weet","category-die-wereld-moet-weet-nuus"],"taxonomy_info":{"category":[{"value":40,"label":"Die w\u00eareld moet weet"},{"value":41,"label":"Nuus"}]},"featured_image_src_large":["https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2022\/01\/Foto-Unsplash-1024x576.png",1024,576,true],"author_info":{"display_name":"AfriForum","author_link":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/author\/wianviljoen\/"},"comment_info":0,"category_info":[{"term_id":40,"name":"Die w\u00eareld moet weet","slug":"die-wereld-moet-weet","term_group":0,"term_taxonomy_id":40,"taxonomy":"category","description":"","parent":0,"count":17,"filter":"raw","term_order":"0","cat_ID":40,"category_count":17,"category_description":"","cat_name":"Die w\u00eareld moet weet","category_nicename":"die-wereld-moet-weet","category_parent":0},{"term_id":41,"name":"Nuus","slug":"die-wereld-moet-weet-nuus","term_group":0,"term_taxonomy_id":41,"taxonomy":"category","description":"","parent":40,"count":10,"filter":"raw","term_order":"0","cat_ID":41,"category_count":10,"category_description":"","cat_name":"Nuus","category_nicename":"die-wereld-moet-weet-nuus","category_parent":40}],"tag_info":false,"fimg_url":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2022\/01\/Foto-Unsplash.png","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1353","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/81"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1353"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1353\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1357,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1353\/revisions\/1357"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1355"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1353"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1353"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1353"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}