{"id":1334,"date":"2021-10-18T13:25:56","date_gmt":"2021-10-18T13:25:56","guid":{"rendered":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/?p=1334"},"modified":"2021-10-18T13:27:09","modified_gmt":"2021-10-18T13:27:09","slug":"konferensie-oor-verval-van-die-strafregstelsel-n-alternatief-tot-die-sinkende-skip-van-geregtigheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/konferensie-oor-verval-van-die-strafregstelsel-n-alternatief-tot-die-sinkende-skip-van-geregtigheid\/","title":{"rendered":"KONFERENSIE OOR VERVAL VAN DIE STRAFREGSTELSEL: \u2019N ALTERNATIEF TOT DIE SINKENDE SKIP VAN GEREGTIGHEID"},"content":{"rendered":"\n<p>AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag \u2019n konferensie oor die verval van die strafregstelsel by die AfriForum Teater gehou. Adv. Gerrie Nel, prof. Koos Malan en dr. Llewelyn Curlewis was sprekers by die konferensie. Adv. Nel het konkrete voorbeelde uitgelig wat dui op die verval van die strafregstelsel, asook wat die eenheid doen om dit reg te stel, dr. Curlewis het die verval van die gevangenisstrafstelsel, asook die kwynende onafhanklikheid van die regbank bespreek en prof. Malan het oplossings vanuit \u2019n konstitusionele oogpunt bespreek.<\/p>\n\n\n\n<p>Adv. Nel het die afleiding gemaak dat die skip van geregtigheid soos wat dit tans bestaan, nie te redde is nie. \u201cAfriForum het egter \u2019n unieke en opwindende vermo\u00eb geskep om privaat te vervolg. Ons gebruik die vaardighede in ons kantoor om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die SAPD te dwing om hul plig te doen en het sodoende al wonderlike suksesse in verskeie sake gehad. Daarom wil ons oplossings bied oor hoe om die versonke skip van geregtigheid te red deur die reg te ontwikkel om mense toe te laat om in die toekoms in alle sake die keuse te h\u00ea om privaat te vervolg.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Adv. Nel het sake bespreek waarmee hy te doen gehad het by die NVG wat steeds sloer, soos Shaun Abrahams se onttrekking van die strafsaak teen Ngcobo Jiba, asook sake wat die privaatvervolgingseenheid daagliks hanteer. Adv. Nel het verskeie voorbeelde van die eenheid se skrywes aan die NVG en die SAPD en hul niksseggende antwoorde daarop uitgelig. Hy het daarop gewys dat die hoof van die NVG, adv. Shamila Batohi, wel vir Ace Magashule vervolg, maar versuim om ander politieke figure soos Fikile Mbalula (teen wie AfriForum strafregtelike klagtes van korrupsie gel\u00ea het) en EFF-leier Julius Malema (op die On Point-saak) te vervolg. \u201cDit is slegs twee van die polities-gedrewe besluite wat die NVG met betrekking tot vervolging geneem het. Dit dui daarop dat die NVG \u00f3f na hul meesters se deuntjie dans, \u00f3f nie die vermo\u00eb of kapasiteit het om sake van korrupsie te vervolg nie.<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p>Adv. Nel het ook \u2019n saak aangekondig waarby die eenheid sedert 2019 betrokke is omdat die NVG versuim om as gevolg van klaarblyklike politieke redes vervolging in te stel. Andr\u00e9 Fourie is valslik daarvan beskuldig dat hy \u2019n rassistiese uitlating gemaak het. Hy het sy werk verloor as gevolg hiervan en \u2019n strafregtelike klag teen die persoon wat die aantyging gemaak het gel\u00ea. Die NVG het aangedui dat dit nie in die belang van geregtigheid is om \u2019n&nbsp;<em>nolle prosequi<\/em>-sertifikaat in hierdie geval uit te reik nie. \u201cDie NVG het egter nie die diskresie om te weier om s\u00f3 sertifikaat uit te reik nie. Volgens die Strafproseswet is hulle verplig om dit te doen. Die privaatvervolgingseenheid moet egter gereeld die howe nader met mandamus-aansoeke bloot om die NVG te kry om hulle werk te doen. In hierdie saak, soos in alle ander sake waarin ons aansoek doen om \u2019n&nbsp;<em>nolle prosequi<\/em>-sertifikaat, het die SAPD ook aanvanklik aangedui dat die dossier weg is. My afleiding in hierdie saak is dat hul weiering om te vervolg irrasioneel en polities-gemotiveerd is. Die NVG besef ook dat hulle met eier op hul gesig sal sit as ons suksesvol privaat vervolg. Ons is tans in die proses om hofdokumente te liasseer om, weereens, die NVG te dwing om hul plig te doen.\u201d<\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Volgens dr. Curlewis is die Suid-Afrikaanse regstelsel ongelukkig nie meer die toonbeeld van die oppergesag van die reg waarna ons eens gestreef het nie en dit is die plig van die burgery om dit reg te stel. \u201cAs burgers word ons blootgestel aan diepgewortelde teenstand teen ondoeltreffende optrede deur die regering teen die kanker op vooruitgang, bekend as korrupsie. Die kombinasie van \u2019n swak regstelsel en korrupsie veroorsaak nie net ekonomiese agteruitgang nie, maar is \u2019n doodslag vir die politieke gesondheid van beide ons nuwe, volwasse demokrasie en dalk self ons eeue-oue regstelsel. \u2019n Betroubare regstelsel en sterk gemeenskap is twee sye van dieselfde munt. Die gewete van die publiek moet in opstand kom teen wetgewing en korrupte politici, dit moet met bespotting en intense publieke vyandigheid beje\u00ebn word. Diegene wat verantwoordelik is, moet duur betaal by die volgende verkiesing. Verder het goed na my mening uitmekaar geval in die strafhowe. Strafverhore het \u2019n klug geword wat bitter min te doen het met die bepaling van die waarheid en toediening van geregtigheid, maar eerder \u2019n politieke speletjie is. Dit bring duidelik die hele regstelsel in oneer.\u201d<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p>Strafverhore het \u2019n klug geword wat bitter min te doen het met die bepaling van die waarheid en toediening van geregtigheid, maar eerder \u2019n politieke speletjie is<\/p><cite>DR. LLEWELYN CURLEWIS<\/cite><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Prof. Koos Malan het oplossings gebied vir die huidige probleme wat ons in die gesig staar met verwysing na die strafregstelsel wat in duie gestort het. \u201cDit is \u2019n feit dat die polisie onderbeman is, nie behoorlik opgelei word nie, en nie toegewyd genoeg is om hul plig om misdaad te beveg na te kom nie. Hulle worstel met ho\u00eb vlakke van korrupsie in hul hoogste range, boonop is die administrasie in \u2019n baie swak toestand en het hulle \u2019n tekort aan leierskap in hulle topstrukture. Met die mislukkende staat in gedagte, is die polisie eenvoudig afwesig \u2013 kyk na die konstruksiemafia, die mafia in die mynbedryf en die onlangse plundering in KwaZulu-Natal. In baie gevalle was die polisie bloot omstanders en toeskouers. Suid-Afrika het per kapita die vierde grootste privaatsekuriteitsindustrie in die w\u00eareld as gevolg van die afwesigheid van die polisie. Doeltreffende vervolgings het verval en is die gelukkige uitsondering. Die vraag wat ons moet vra is of dinge ten goede gaan verander. Tensy daar aktiewe en vindingryke ingryping is, gaan dinge nie verander nie. Die polisie, weermag en die NVG het hul vaardighede tot s\u00f3 mate verloor dat dit nie herstel kan word nie. Om dus na die Staat te kyk vir \u2019n oplossing, is om in die verkeerde rigting te kyk \u2013 geen hulp gaan vandaar af kom nie. Die bestaansreg van die Staat word gemeet aan die vraag of dit veiligheid en sekuriteit aan sy burgers kan verskaf. Hoe minder die Staat dit kan doen, hoe meer verval dit as \u2019n legitieme Staat, hoe meer verbeur dit sy aanspraak op burgerlike gehoorsaamheid en hoe meer word die belasting wat dit hef \u2019n vorm van afpersing van die burgery.\u201d<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p>Prof. Malan het ook ges\u00ea dat wat ons ag as die Grondwet, vanuit \u2019n praktiese oogpunt, reeds verval het. \u201cWat sou die verantwoordelike reaksie van die burgery tot hierdie stand van sake wees? Eerstens moet ons verstaan dat dit \u2019n uiters gevaarlike situasie is, want dit is een waarin \u2019n toestand van ongebreidelde oortreding van die wet kan ontstaan. Wanneer die wette van die Staat wankel, kan \u2019n nuwe reg, \u2019n verstekreg, egter in die plek daarvan ontstaan. Dit is \u2019n reg in terme waarvan gemeenskappe deur middel van ooreenstemming hul eie reg skep en afdwing. Die basis van hierdie reg is beheerde grense wat gekombineer word met die onderdrukking van onbeperkte vryheid van beweging. Gemeenskappe moet grense stel en polisieer om te verseker dat misdadigers nie vrylik daarin kan rondbeweeg nie. Gevalle van s\u00f3 verstekreg is egter reeds met ons, kyk net na buurtwagte en toegangsbeheerde gemeenskappe.\u201d<\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery columns-4 is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\"><ul class=\"blocks-gallery-grid\"><li class=\"blocks-gallery-item\"><figure><a href=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Prof.-Koos-Malan-683x1024-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"683\" height=\"1024\" src=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Prof.-Koos-Malan-683x1024-1.jpg\" alt=\"\" data-id=\"1336\" data-full-url=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Prof.-Koos-Malan-683x1024-1.jpg\" data-link=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/?attachment_id=1336\" class=\"wp-image-1336\" srcset=\"https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Prof.-Koos-Malan-683x1024-1.jpg 683w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Prof.-Koos-Malan-683x1024-1-200x300.jpg 200w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Prof.-Koos-Malan-683x1024-1-610x915.jpg 610w\" sizes=\"auto, (max-width: 683px) 100vw, 683px\" \/><\/a><\/figure><\/li><li class=\"blocks-gallery-item\"><figure><a href=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/From-left-to-right-Dr-Llewelyn-Curlewis-prof.-Koos-Malan-adv.-Gerrie-Nel-and-Jacques-Broodryk-1024x683-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/From-left-to-right-Dr-Llewelyn-Curlewis-prof.-Koos-Malan-adv.-Gerrie-Nel-and-Jacques-Broodryk-1024x683-1.jpg\" alt=\"\" data-id=\"1338\" data-full-url=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/From-left-to-right-Dr-Llewelyn-Curlewis-prof.-Koos-Malan-adv.-Gerrie-Nel-and-Jacques-Broodryk-1024x683-1.jpg\" data-link=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/?attachment_id=1338\" class=\"wp-image-1338\" srcset=\"https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/From-left-to-right-Dr-Llewelyn-Curlewis-prof.-Koos-Malan-adv.-Gerrie-Nel-and-Jacques-Broodryk-1024x683-1.jpg 1024w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/From-left-to-right-Dr-Llewelyn-Curlewis-prof.-Koos-Malan-adv.-Gerrie-Nel-and-Jacques-Broodryk-1024x683-1-300x200.jpg 300w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/From-left-to-right-Dr-Llewelyn-Curlewis-prof.-Koos-Malan-adv.-Gerrie-Nel-and-Jacques-Broodryk-1024x683-1-768x512.jpg 768w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/From-left-to-right-Dr-Llewelyn-Curlewis-prof.-Koos-Malan-adv.-Gerrie-Nel-and-Jacques-Broodryk-1024x683-1-610x407.jpg 610w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/a><\/figure><\/li><li class=\"blocks-gallery-item\"><figure><a href=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Dr.-Llewelyn-Curlewis-1024x683-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Dr.-Llewelyn-Curlewis-1024x683-1.jpg\" alt=\"\" data-id=\"1340\" data-full-url=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Dr.-Llewelyn-Curlewis-1024x683-1.jpg\" data-link=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/?attachment_id=1340\" class=\"wp-image-1340\" srcset=\"https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Dr.-Llewelyn-Curlewis-1024x683-1.jpg 1024w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Dr.-Llewelyn-Curlewis-1024x683-1-300x200.jpg 300w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Dr.-Llewelyn-Curlewis-1024x683-1-768x512.jpg 768w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Dr.-Llewelyn-Curlewis-1024x683-1-610x407.jpg 610w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/a><\/figure><\/li><li class=\"blocks-gallery-item\"><figure><a href=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Adv.-Gerrie-Nel-1024x683-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Adv.-Gerrie-Nel-1024x683-1.jpg\" alt=\"\" data-id=\"1342\" data-full-url=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Adv.-Gerrie-Nel-1024x683-1.jpg\" data-link=\"http:\/\/friendsofafriforum.com\/?attachment_id=1342\" class=\"wp-image-1342\" srcset=\"https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Adv.-Gerrie-Nel-1024x683-1.jpg 1024w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Adv.-Gerrie-Nel-1024x683-1-300x200.jpg 300w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Adv.-Gerrie-Nel-1024x683-1-768x512.jpg 768w, https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Adv.-Gerrie-Nel-1024x683-1-610x407.jpg 610w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/a><\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"The decline of the criminal justice system in South Africa\" width=\"720\" height=\"405\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/J4sTsexlLvI?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p><\/p>\n<span class=\"et_bloom_bottom_trigger\"><\/span>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag \u2019n konferensie oor die verval van die strafregstelsel by die AfriForum Teater gehou. Adv. Gerrie Nel, prof. Koos Malan en dr. Llewelyn Curlewis was sprekers by die konferensie. Adv. Nel het konkrete voorbeelde uitgelig wat dui op die verval van die strafregstelsel, asook wat die eenheid doen om dit reg&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":81,"featured_media":1344,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_robots_primary_cat":"none","_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_kad_blocks_custom_css":"","_kad_blocks_head_custom_js":"","_kad_blocks_body_custom_js":"","_kad_blocks_footer_custom_js":"","_kad_post_transparent":"","_kad_post_title":"","_kad_post_layout":"","_kad_post_sidebar_id":"","_kad_post_content_style":"","_kad_post_vertical_padding":"","_kad_post_feature":"","_kad_post_feature_position":"","_kad_post_header":false,"_kad_post_footer":false,"_kad_post_classname":"","footnotes":""},"categories":[40,41],"tags":[],"class_list":["post-1334","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-die-wereld-moet-weet","category-die-wereld-moet-weet-nuus"],"taxonomy_info":{"category":[{"value":40,"label":"Die w\u00eareld moet weet"},{"value":41,"label":"Nuus"}]},"featured_image_src_large":["https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/From-left-to-right-Dr-Llewelyn-Curlewis-prof.-Koos-Malan-adv.-Gerrie-Nel-and-Jacques-Broodryk-2048x1365-1-1024x683.jpg",1024,683,true],"author_info":{"display_name":"AfriForum","author_link":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/author\/wianviljoen\/"},"comment_info":0,"category_info":[{"term_id":40,"name":"Die w\u00eareld moet weet","slug":"die-wereld-moet-weet","term_group":0,"term_taxonomy_id":40,"taxonomy":"category","description":"","parent":0,"count":17,"filter":"raw","term_order":"0","cat_ID":40,"category_count":17,"category_description":"","cat_name":"Die w\u00eareld moet weet","category_nicename":"die-wereld-moet-weet","category_parent":0},{"term_id":41,"name":"Nuus","slug":"die-wereld-moet-weet-nuus","term_group":0,"term_taxonomy_id":41,"taxonomy":"category","description":"","parent":40,"count":10,"filter":"raw","term_order":"0","cat_ID":41,"category_count":10,"category_description":"","cat_name":"Nuus","category_nicename":"die-wereld-moet-weet-nuus","category_parent":40}],"tag_info":false,"fimg_url":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/From-left-to-right-Dr-Llewelyn-Curlewis-prof.-Koos-Malan-adv.-Gerrie-Nel-and-Jacques-Broodryk-2048x1365-1.jpg","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1334","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/81"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1334"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1334\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1348,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1334\/revisions\/1348"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1344"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1334"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1334"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/friendsofafriforum.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1334"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}